Welkom by Mooi & Bosch

Een privaat suite waar sjarme en gemak ontmoet.

Oor ons
Mooi & Bosch bied een privaat suite in die prentjiemooi Mooivallei Park, Potchefstroom. Ons is in 4 Makoustraat, stapafstand van Vida Café, Woolies Food, Kauai, Dis-Chem en die padel-bane, en 2 km van Noordwes-Universiteit en Potchefstroom Gimnasium Hoërskool. Die privaat suite is ideaal vir ouers, studente, sportgeleenthede en sakereisigers. Met veilige parkering en ’n huislike, vriendelike gevoel is Mooi & Bosch die perfekte kombinasie van sjarme en gerief. Jou rustige blyplek in Potchefstroom wag op jou!
ONS IS OOP!
Kom bly by ons - jy sal nie spyt wees nie!

Veilige Parkering

By Mooi & Bosch slaap jy rustig – jou kar ook. Ons het veilige, afgebakende parkering sodat jy sonder stres kan kom en gaan.

Stylvolle en Gemaklike Suite

Ons een privaat suite is modern, skoon en ongelooflik gemaklik. Klim in, maak oop, ontspan – dit voel soos huis, net beter.

Vir Jou Gemak

Heerlike Mooi&Bosch bied verfynde verblyf met betroubare WiFi, voortreflike koffie en premium geriewe vir jou gemak.



  • 4 Makou Street, Mooivallei Park, Potchefstroom, South Africa